Dit is vanaand op die kassie:

18:00 Mike & Molly (M-Net): Molly en een van Peggy se oudste vriendinne, Key McKinnon, raak gou heg bevriend, maar Peggy is nie baie gretig om haar vriendin met Molly te deel nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Eben en Carina is agterdogtig oor hul ouers se vreemde gedrag. Vicky laat Marius verstaan dat hy Stef in Louw se lewe moet aanvaar. Wouter wil romanties betrokke raak by Lente, maar hy besef hy sal daarvoor moet veg. Anthony is opgewonde oor sy botoks-slypskool, maar Fritz is skepties. Astrid ontvang ’n foonoproep van AJ. Wouter is op ’n sending om die Villa omgewingsvriendeliker te maak.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie se toestand laat ’n wolk oor Binneland Kliniek hang. Daar is ’n klein bietjie lig aan die einde van die donker tonnel vir Ilse – al skud ’n foongesprek die Ferreira-Gericke-huishouding tot in sy fondamente. Adelyn het groot planne vir Frankie, maar Zadie het iets te sê oor die aangeleentheid. Pippa kom vorendag met ’n plan om Quinton se vrese te besweer.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas verpas sy vlug in Doebai. Loyiso voel geskok toe hy uitvind oor Jackson se gedrag. Lindile sien hoe Eddy met Aggie flankeer.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Hulle praat met ’n aktrise wat deesdae beskou word as een van ons land se grootste talente: Crystal-Donna Roberts. En die span gaan kuier agter die skerms van een van Jannie du Toit se konserte waar hy hulde bring aan Koos du Plessis.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

22:30 Two And A Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.