16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Ta' Effie en Oom Boykie se dogter, Beaula, het 20 jaar tevore haar spraak verloor na 'n traumatiese ervaring. Bertho Lopes verken die distrik saam met Monique, terwyl Chloe en Hugo net nie genoeg van mekaar kan kry nie.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. ie voormalige rugbyspeler, Wilhelm de Jager, sy ma, Esmé, en sy vrou, Lynné, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Iva en Fafa se verhouding trek swaar. Schalk is op 'n missie met die dagvaardiging. Renate smokkel met Jade se kop en Laetitia en Sasha se plan is in aksie. Blitz trek Reitz se gees uit oor sy geheime afspraak.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity glo in ware liefde. Oubaas is gelukkig omdat hy 'n bron vir die fiasko in die Heights is.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die personeel is bang vir 'n pasiënt, terwyl Okkie agter die kap van die byl probeer kom waar gevoelens ter sprake is. Naomi tree vreemd op in Nagskof en Annelize se dag raak glad nie beter nie. Peter gee Morné 'n paar wenke.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Herinneringe van die pretpark word weer opgesoek. Spookasem, springmielies, fudge en toffieappels word selfs beter onthou. Dis minder pret vir die eerste een wat die stoor sal moet verlaat wanneer die Groot Wiel ophou draai.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons geniet 'n oordosis suiker by Le Kreamery en gesels met Deanré Reiners oor sy loopbaan. Bouwer deel sy huidige gunstelinge op die plaaslike musiektoneel en ons praat met Sallas de Jager oor sy jongste fliek, Free State.