17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Andeline Williams-Pretorius vertel vir Elma wat self-sabotasie behels en Deidre Birkill is terug met oefenwenke.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Ten spyte van Vicky se negatiewe gevoelens oor Lindie, waag sy dit tog met Louw by die Villa. Gerhard is ná twee operasies uit die hospitaal ontslaan. Liam oortuig Lindie dat hy saam met haar wil werk. Stef wonder of Paul die brief aan Carina geskryf het. Lindie kom op iets interessants in Astrid se kantoor af. Fritz kry dit nie reg om met Gerhard oor die prostaat-operasie te gesels nie.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Neville voel asof Vince hom afgeskryf het en Emma kry kwaai nagmerries.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is Margot se beurt om vir Jana raad te gee, en Ilse wil ’n ernstige gesprek met Morné hê. Jenny is bekommerd dat Zieg dinge ’n stap te ver voer. Tertius vra Kobus ’n guns – en At roep op Zieg vir inligting oor Jenny. Gustav se nuus sal moet wag tot later.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span is in Wellington vir die unieke Pioneer Rally saam met bekende vermaaklikheidsterre. Dewald Wasserfall wys wat alles agter die skerms van sy nuwe musiekvideo gebeur. En dan kuier die span in Swakopmund vir ’n borskanker-bewusmakingsdag saam met onder andere Kevin Leo en Amor Vittone.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Elke boer moet hierdie week een dame huis toe stuur.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv):  Die Karoo is ’n woestyn van 400 000 km² wat ’n derde van Suid-Afrika se landmassa uitmaak. Dit is ’n strawwe omgewing waar water nog altyd ’n skaars kommoditeit was; die lewe moes gevolglik aanpas. Dit is nog ’n verlate, mooi deel van die land en vanaand kom die topvyf-spanne van Ultimate Braai Master teen mekaar te staan in die langste, moeilikste uitdaging tot dusvêr. Ná ’n uitputtende uitdaging is daar nie ’n uitskakelingsrondte nie – geen tweede kans om in die kompetisie te bly nie. Pleks daarvan moet nog ’n span hul tasse pak nadat hulle die beoordelaars teleurgestel het.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.