Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid gee Fritz nuus wat hy nooit gedink het hy sou hoor nie en dan haal Stef die wind uit haar seile. . .
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Wie gaan die skoolrugbyspan se toer Argentinië toe borg, Herman of Gita? Emma is ontsteld dat Thinus van haar vervreem geraak het.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Zadie neem ’n groot besluit ná ’n vernedering, en Wimpie probeer Susanna met sy digterlike talent bekoor.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs uit alle dele van Australië ding mee om die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die Masterchef-titel wen.
  • 19:30 Bravo! (kykNET): Die kosredakteur Herman Lensing en Kokkedoor-finalis Marinda Engelbrecht praat oor hul toneelstuk, VOORSKOOT & Lipstiek, wat by die Woordfees debuteer het en ook KKNK toe gaan. Die regisseur en skrywer Marion Holm kuier ook saam.
  • 20:00 Jou Show (kykNET): Emo en Wicus sien ’n heel nuwe, snaakse kant van Angelique Gerber in hierdie episode. Anne Hirsch vermaak ons met haar vreemde humorsin terwyl ’n Beat boxer van Afrodizzyacts ritme in Emo se stap sit.