17:30 Woema (KykNET): Daar wag ’n nare verrassing op Theunis. Die woema-span toets ook die nuwe baba-avontuurfiets van BMW en besoek kykNET se Buite-ekspo. Hulle gaan ook na die ontbytplek wat kykers aanbeveel, Pretville.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Liam toon eindelik sy ware gedaante en begin eise stel aan Astrid. Hy oortuig Carlo ook om ’n paar dae saam met sy ma weg te gaan. Eben dink ’n plan uit om saam met Wouter geld te maak.

18:30 7de Laan (SABC 2): Sifiso kan nie ophou aan Pulane dink nie en dit veroorsaak dat hy in die moeilikheid beland  by die werk. Wessel gaan dalk blywende moeilikheid maak tussen Bonita en die Meintjies-gesin.

18:30 Binneland (KykNET): Okkie en Zadie weet nie wat om te doen oor Nigel in Tonik nie. Franz se vermoedens kan sy lewe in die teater beïnvloed. Bea besef dat dit verreikende gevolge vir die hele gesin kan inhou.

19:30 Revenge (M-Net): Emily se onstabiliteit bring alles waarvoor sy gewerk het in gedrang en die spanning tussen haar en Daniel raak net erger.

19:30 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span praat met die sangeres Carike Keuzenkamp, loer agter die skerms in by Sarah Theron se nuwe musiekvideo en is op die blou tapyt by KykNET se teaterpryse, die Fiëstas.

20:00 Jou Show (KykNET): Johrné van Huyssteen se pittige kwinkslae en radiostories verskaf dié week se vermaak, saam met die Kaapse sangeres Amoré. ’n Paar van SA se beste hip-hop-dansers sorg vir ’n onvergeetlike vertoning.