Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Vanaand omskep die broers ’n dakvertrek in ’n leefarea.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina probeer uitreik na Marius. Uiteindelik maak Marius ’n besluit, maar is dit te laat? Gerhard stort sy hart uit teenoor ’n simpatieke Fritz. Liam voel glad nie lekker na ’n hipnose-sessie nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Aggie verklap Paula se geheim. Matrone maak amok in Hilda se besigheid. Louis bevind homself in ’n moeilike situasie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman deel sy plan met Sandy, en Steve Abrahams is bereid om pro bono werk by Binneland Kliniek te doen. ’n Emosionele Roelf wil met Christiaan praat en Ivanka het ’n oplossing vir Shelton se probleem.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode moet Harvey en Mike ’n saak aanpak waarvoor nie een eintlik kans sien nie.

20:00 Bravo! (kykNET): Die span woon vanaand die Want Ons Kan-liefdadigheidskonsert in Kaapstad by.

20:00 Reign (M-Net Edge): In vanaand se episode is Koning Antoine onhuts wanneer sy plan om Francis te dreig, skeefloop.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Die sangeres Rina Hugo en haar musikantman Johan van Rensburg kuier saam die aktrise Tinarie van Wyk-Loots by Karen.

20:30 Panic Mechanic (e.tv HD): Die skreeusnaakse Leon Shuster het hierdie film kort na die demokratisering van Suid-Afrika uitgereik. Sy sosiale kommentaar is vandag nog net so relevant.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.

22:35 Playing with Fire (e.tv): In hierdie riller help 'n vrou haar suster ná sy uitgevind het die suster het haar minaar gehelp om 'n waardevolle Afrika-artefak te steel. Met Vanessa Williams.