16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Con voel nie altyd gemaklik in sy verhouding nie - en Hannah laat hom ook nie toe om gemaklik te voel nie. JP staan op vertrek na sy nuwe werk, tot groot ontsteltenis van Charmaine.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Almal is in rep en roer oor môre se troue. Gerald en Laetitia konkel nuwe planne en Sasha is onseker oor haar hartsake. Tommie gaan deur diep waters en Anja verras vir Fafa. Blitz is gespanne oor sy metgesel vir die troue.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Charmaine Tarryn se ware kleure sien? Kim is jaloers op Pulane. Felicity vind haarself in 'n moeilike situasie.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka maak haarself gereed om afskeid te neem. Herman en Karli sit nie langs dieselfde vuur nie en Bronwyn en Lexi kan nie langer stilbly nie. Karli stoomroller voort met haar plan.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Met nog nie een Koekedoor wat al ooit 'n pretzel gemaak het nie, is die pronkgebak 'n bitter pil. Tiaan verwag dat elkeen 'n craftbier trek en die pretzel en doopsous se smaakprofiel aanpas by die bier se mees prominente geure.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Die aktrise Tarryn Wyngaard van Vinkel En Koljander kuier in die ateljee. Ons praat met die ontwerper Sheila-Madge Bakker oor haar eiesoortige trourokke en kyk na Edwin van der Walt en Dean John Smith se nuwe toneelstuk.