Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia arriveer en Liam begin met ’n gevaarlike spel waarin beide alles waarvoor hulle staan, of wil hê, kan verloor. Lida reik uit na haar dogter, Hanna en Marius en Vicky is op breekpunt.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman is keelvol vir Willem en sy houding. Bernard maak ’n deurbraak in sy navorsing. Moet Nthabi haar kop of haar hart volg?

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa voel skuldig oor Rian terwyl ’n seer skouer iemand bekommerd maak. Cherilee het meer as net haar gesondheid om oor na te dink. Liezl wil niks meer van Morné weet nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Die tweede seisoen van die satiriese geselsprogram skop vanaand af. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense.

21:00 True Detective (M-Net Edge): ’n Uitmergelende misdaadreeks waarin die polisie en lede van die Los Angeles onderwêreld koppe stamp en ook saamwerk om ’n bose moordenaar in hul midde op te spoor. ’n Moet.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.