19:30 Perception (M-Net): Tweede seisoen begin. Toe ’n man wat aangekla is van moord, pleit dat hy nie toerekeningsvatbaar was nie, word Pierce ingeroep om te besluit of dit waar is. Maar die saak is vir hom raaiselagtig.

20:00 Nege Maande (kykNET): Dylan se ma hou vir Nikita ’n ooievaarstee en alhoewel sy die geskenke en eetgoed geniet, loop die emosies hoog. Annamarie en Rudene vier hul samesyn en die koms van die baba. Nadene se ma kom kuier.

20:30 Army Wives (M-Net Series Showcase): Holly is opgewonde om met Tim te herenig, maar hy sukkel om aan te pas. Quincy se beserings kan die einde van sy loopbaan beteken en Joan neem ’n besluit oor die weermag-kollege.

21:00 Kêrels wat Kook (kykNET): Gerald Bezuidenhout van Germiston is ’n verkoopsbestuurder by ’n motoronderdelemaatskappy. Hy hoop om ’n vrou te ontmoet wat avontuurlustig is en nie sal huil wanneer ’n nael breek nie. Sal hy en Ohna by mekaar pas?

21:30 Fringe (M-Net): Nadat Walter breinskade opgedoen het weens die Observer se telepatiese ondersoek, probeer die ander hom help.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Kitty en Warren beplan ’n rustige naweek weg van die stad maar dan word dit allermins rustig. Tommy en Julia probeer op buitengewone en desperate maniere swanger raak.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.