16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Skuldige gewetes begin sy tol eis in talle verhoudings. Dit versuur vriendskappe, ondermyn vertroue, maar getrou aan die tradisies van die Vallei probeer almal dit ignoreer.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Marius de Jager, sy ma, en sy skoonma, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Schalk en Fafa kom voor 'n moeilike besluit te staan. Koekie en Festus se planne met die leerlinglisensietoets misluk en die pompoms probeer vir Iva help met idees vir haar troue. Tommie se video behaal sukses op die internet.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Vince hom uit hierdie situasie kan kry? Errol beplan 'n romantiese aand vir 'n spesiale meisie.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Annalize waarsku Suzaan oor Eben, en Steve hoor Danny vra vrae oor hom. Ilse weet presies wat fout is met DJ, en Lexi en Danny deel 'n oomblik oor Shelton. Eben is duidelik nie bang vir Annelize nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Hierdie uitdaging maak vir Tanie Elizabeth veral nostalgies. Vir die tuisgebak-uitdaging moet 12 swart en wit klavier-kolwyntjies gemaak word, net soos die klawers. Dan volg die hoog-drama van die fyngebak-uitdaging.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met Schalk Bezuidenhout en die broers, Nico en Almero Welgemoed, wat saam musiek, kuns en musiekvideos maak. Ons kyk ook 'n musiekblyspel, vind meer uit oor SnapChat en loer in by die Cannes rolprentfees.