17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther maak ’n besigheidsbesluit, maar Saskia se nugtere denke lei hom tot ’n onaangename verrassing. Eben wag vir Cardo en Carina waarsku hom op ’n susterlike manier. Die nette van Maryke se verraad druk Anthony verder in ’n hoek en sy toekoms lyk skielik nog meer duister wanneer hy ’n onverwagse oproep kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita en Ty kry vir die eerste keer dit wat hulle uitdeel. Sal hulle kan die min wat oor is van hul lewens kan red?

19:00 Criminal Minds (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die FBI volg om te sien hoe hulle kriminele vastrek.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Drankie op sy tyd blyk ‘goed’ te wees, en Zadie het Morné se hulp nodig. Dit lyk asof Breggie ’n besturing is, en Jana word gevra om ’n metgesel te wees. Jean-Pierre is die fokus van twee mediese personeellede, en Susanna braak net gal oor At. Trienie veroorsaak huismoles.

19:30 Iconoclasts (SABC3): Vind uit wat dryf die bekendste kunstenaars, akteurs en musikante.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kyk wat gebeur by die opnames van die Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie, aanskou die prag en praal by die Zeitz Mocaa se Gala-aand en ons maak ’n draai agter die skerms van die eerste reeks van Koekedoor!

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): In hierdie uitdaging word oggendgebak uit ons eie baktrommel ingespan om die gesin tafel toe te lok vir ontbyt en ook wyer gekyk na ander klassieke eetgoed uit die bakwêreld – van vinnige meelmengsels tot suurdeeggebak; alles met ‘n soetigheid.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.