17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Vandeesweek mik Chris daarna om groentjies en ook die meer ervare kokke te wys inspirasie skuil in selfs die eenvoudigste voedselstapels, soos eiers, rys, aartappels en bevrore groente.

18:00 Tropika Island of Treasure (SABC1): Dis ’n Suid-Afrikaanse werklikheidskompetisie waarin sewe bekendes en sewe gewone deelnemers op ’n eksotiese eiland teen mekaar meeding vir R1 miljoen prysgeld.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Almal probeer raad gee, maar Wouter weet steeds nie wat om te doen rakende sy ma nie. Isabel en Stef is vasbeslote om Astrid se bose komplot oop te vlek.

18:30 7de Laan (SABC2): Danelle besluit om permanent na Wolmaransstad terug te keer. Nthabi dink aan ’n werk wat perfek is vir Paula, maar gaan sy en Ryno daaroor ooreenstem?

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Sonja vrees dat daar blywende skade aan Binneland se beeld gaan wees. Jana het ’n moeilike gesprek met haar dogter. Okkie besluit om self die dief vas te trek. Die Ferreira-huis word ingerig vir ’n tienerseun.

19:31 Bravo! (kykNET): Dis tyd vir een van die grootste glansgeleenthede in die land; die Bravo!-span kuier agter die skerms by die YOU Spectacular. Hulle kuier ook by die aktrise Leandie du Randt.

20:00 Kokkedoor (kykNET): Die opening van ’n splinternuwe Art Deco-teater op die dorp is ’n groot okkasie en glansryk genoeg vir toentertyd se kleinhappie-glanskos: vingerhappies. Peter Veldsman wys hoe dit gedoen word.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.