17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Die Bonnievale Bonanza is ’n ou gunsteling onder feesgangers met ’n verskeidenheid van belangstellings. Hier kan sportliefhebbers hul gate uit kom geniet met verskeie pad- en bergfietsroetes en ’n pretdraf.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Anthony is klei in Maryke se hande, terwyl Isabel gefrustreerd is dat Fritz skielik twyfel of hy haar Villa-aandele moet koop. Gunther probeer steeds geld in die hande kry om Isabel ’n aanbod te maak en Nico sorg dat hy in Sonja se goeie boekies bly. Stef kry uiteindelik bewyse dat Nico ’n bedrieër is en jaag hom weg by die Villa, maar dan vang Nico vir Fritz onverhoeds met ’n skokkende onthulling.

18:30 7de Laan (SABC2): Dr Lynette kom tot Marko se redding. Ty en Gita vind ’n ontsnaproete vir die geyselaars in Oppiekoffie. Felicity is ’n bol senuwees – Herman en Nadia is nog in Oppiekoffie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zadie en Nick praat met mekaar oor hul pa’s en Cheri-Lee het groot planne vir die aand. Jana en Susanna besef nie die omvang van hul besluite nie, en Merle wil meer weet oor Nick se liefdeslewe. Daleen voel jammer vir Karli en haar pasiënt en die waarheid wil maar net nie sy pad vind nie…

19:30 Iconoclasts (SABC3): Vind uit wat dryf die bekendste kunstenaars, akteurs en musikante.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): 'n Hele gesin in die kalklig: ons loer in by Susanne, Yvonne en Pietie Beyers. Wie's die mooiste man in die land? Ons vind uit by die Mnr. SA galageleentheid. En dan kuier ons by die gewilde akteur Erik Holm.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:00 Criminal Minds (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die FBI volg om te sien hoe hulle kriminele vastrek.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Sandra luister in verwondering as Marida Swanepoel vertel hoe kykNET sy eerste asem gegee het.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.