1474634_10152040496280758_1242661119_n

Wat is vanaand op die kassie

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Sydney is benoud toe ’n oudkollega wat versot was op haar, ’n liedjie oor haar skryf. Nadat Simon en Zach na die liedjie geluister het, beïnvloed dit albei verskillend.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Gita Antoinette uitvang terwyl sy deur haar privaat dokumente snuffel? Annelie se modefotosessie is om die draai, maar sy word wakker met ’n probleem.

19:30 Revenge (M-Net): Emily moet op ’n onverwagte bron staatmaak toe haar grootste uitdaging tot nog toe verongeluk.

19:30 Bravo! (kykNET): Die aktrise Martelize Kolver wys haar gunsteling-kuierplekke in die Kaap. Daar word ook na die ontwerper Gert-Johan Coetzee se klerekas gekyk.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Die boere en die dames gaan hou vakansie op ’n romantiese bestemming. Is al die paartjies nog bymekaar of sommige se paadjies reeds geskei? Tydens die vakansie kry die boere en hul vroue kans om mekaar goed te leer ken; weg van die plaas en van familie en vriende. Al die paartjies kuier ook saam en ruil stories oor hul ervarings uit. Angelique gesels met almal om uit te vind waar daar dalk ’n langdurige liefde kan ontwikkel.

20:40 Parenthood (M-Net Series Showcase): Jasmine en Crosby vier hulle eerste Kersfees saam as ’n gesin.

21:30 NCIS: Los Angeles (M-Net): NCIS ondersoek ’n vliegongeluk waarin twee mense gesterf het, en Nate kom om Sam en Deeks te help terugkeer werk toe.