17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mike & Molly (M-Net): Mike en Carl neem Molly se literêre held weens dronkbestuur in hegtenis.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie kry nie die ondersteuning wat sy verlang oor haar toekomsplanne nie. Dis Anthony se eerste dag by sy nuwe onderneming, maar alles verloop nie volgens plan nie. Carina dra swaar aan haar ouers se probleme en Eben se plan om wraak te neem op hul pa ontstel haar net verder.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Die sosiale netwerke gons al weer oor ’n dokter se gedrag, en Margot sukkel om dié dokter op te spoor. Tertius besluit dis tyd dat die Jonkers daaraan dink om huis te koop, en die Malherbes se aansoek word met Peet bespreek.

18:30 7de Laan (SABC 2): Gaan Irma en Sonja terugtrek huis toe? Sifiso en Errol se nagereg voeg ekstra glans aan Charmaine se partytjie.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier by die aktrise Nicola Hanekom en haar kunstenaar-suster, Sandra, op Piketberg. Hulle onthul ook vanjaar se wenner van Sarie se voorbladgesig-kompetisie. En hulle woon ’n glansgeleentheid by waar Andriëtte Norman vereer word.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie is hier! Kyk hoe 15 spanne teen mekaar meeding om die titel te verower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

22:30 Two And A Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.