Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky en Stef sit vas oor Liam en vra Marius se raad. Carina gee vir Ilse ’n make-over. Cardo groet die Villa Rosers, maar Celine sukkel om sy vertrek te aanvaar. Vicky kry skokkende nuus.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas beplan ’n romantiese wegbreeknaweek. Bernard kry inligting wat dalk die grootste storie van sy loopbaan kan wees, maar toe hy uitvind wie betrokke is, bedink hy homself.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zadie se besluit jaag Naomi die harnas in. Iemand onverwags is dalk die antwoord op Wimpie se probleem.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:30: Vat die Rap (kykNET): Vyf kletsrymers kry die geleentheid om ’n kultureel-betekenisvolle Afrikaanse liedjie in ’n moderne kletsrymmeesterstuk te omtower.

21:00 Game of Thrones (M-Net Edge): Bloed en verraad is aan die orde van die dag in hierdie gewilde reeks gebasseer op die Fire and Ice-reeks van George R Martin. Vanaand wys die slotepisode van die vyfde seisoen.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.