17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Bederf jou gaste met ’n lekker dingetjie of bak vanjaar al jou geskenke. Elma Postma vind uit hoe.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Astrid bak steeds mooi broodjies en nes dit lyk of sy vordering maak, loop ’n nare verrassing by die deur in. Dit lyk of Carina en Paul nader aan mekaar beweeg. Fran soek hoog en laag na ’n storie. Sussie en Anthony probeer uitpluis wie die geheimsinnige vrou in Fritz se lewe is, en dan wen Astrid oënskynlik ’n rondte.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince en Bonita het hul besluit oor Kaapstad gemaak. Niemand verwag wat vanaand by Stasie Ses gebeur nie. Vince vertel Errol wie Langley is.

19:30 Binnelanders (kykNET): Kobus en Naomi het ’n hewige uitval, en Morné vertel Ivanka van Italië. Nagskof is die agtergrond vir ’n bose plan, en Jenny besef haar redder se dade kom teen ’n stewige prys. Die spanning tussen Kobus en Emil word op die spits gedryf.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Man Cave (SABC3): Janez Vermeiren en Lunga Shabalala ding mee in die “ultimate bro-down”.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by Huisgenoot se troostante en die skrywer van verskeie liefdesromans en geestelike boeke, Elize Parker. Landbouweekblad vier ’n merkwaardige verjaardag en ons het saam gaan partytjie hou.

20:00 Voetspore (SABC3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Nadat die groot keuse verlede week gemaak is, is dit tyd vir die Boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Hy kom kuier en sy wys hom haar woon- en/of werkplek. Vir die eerste keer is sy tuis in haar omgewing en is die Boer soos ’n vis uit die water. Het hy die regte keuse gemaak? Is Boer en vrou bedoel vir mekaar? As die kennismaking met die skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir ’n gelukkige toekoms saam . . . Hoe dink jy gaan die kuier verloop? Kyk die voorskou hier onder:

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.