Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 VeranderDinge (kykNET): Ruda gesels met Hannatjie van der Wat en haar dogter, Marianne Fassler, wie diep spore in die kuns- en modebedryf getrap het. Kim vind uit hoe ouers hul kinders geldslim kan maak en loer in by 'n vyfster hotel - vir honde.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is vasberade om reg en geregtigheid te laat geskied, maak nie saak wie in die slag bly nie. Vicky kry die skok van haar lewe. Die drie jong besigheidsmanne staar 'n groot uitdaging in die gesig.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus begin die nodige reëlings tref. Gita maak ‘n besigheidsbesluit sonder om vir Herman in te lig. Die liefde maak Diederik blind.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ilse stem in om Ivanka se proefkonyn te wees, terwyl daar elders groot besluite geneem moet word. Bronwyn worstel met die feite van die saak, en dit raak gou duidelik dat Tertius in groot moeilikheid is.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons sien wie is die wenner van Sarie se voorbladgesigkompetisie, en Jack Parow stel 'n nuwe boek, 'Die Ou Met Die Snor By Die Bar', bekend. Ons draai by Leah se eerste solo-konsert. Plus Tracey gesels met Josh Groban.

20:00 Reign (M-Net Edge): In vanaand se episode raak Catherine jaloers op Narcisse wat aanmekaar flikkers na Lola gooi.

20:00 The Americans (M-Net City): Vanaand is die slotepisode. Paige en Henry kruip weg terwyl hul ouers hul laaste opdragte probeer voltooi.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): President Karen nooi haar gunsteling sjef, Reuben Riffel, haar gunsteling sepiester, Annalise Weiland en haar gunsteling operasangeres, Zanne Stapelberg vir samesprekings in die Republiek.

20:30 There's a Zulu on my Stoep (e.tv): Die gawe ou Rhino word met sy kindervriend Zulu herenig wat nou 'n gesoekte internasionale misdadiger is.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand probeer TC, Kenny en Paul 'n man se lewe red ná hy per ongeluk deur sy vrou geskiet is.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.