16:30 Lek jou lippe af (VIA): Ons vier manne is sag op die oog, maar treurig in die kombuis. Hulle meld aan in sjef Nina se kombuis en sy leer hulle hoe om bros gebraaide spek, mieliebrood en mini-frittatas te maak.

16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): In Afrikaans staan 'n man wat 'n rok dra, as 'n fopdosser bekend. Daar is egter veel meer aan hierdie ander wêreld as wat 'n mens sou dink. Dis 'n reis met onverwagte wendings, hartseer en humor.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Wynand Delport, sy ma Hanlie en vrou Lindi is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Jean Engebrecht, seun van Springbok rugbyspeler Jannie Engelbrecht, is die eienaar van die 320 jaar-oue wynplaas Rust en Vrede in die Stellenbosch omgewing. Hy wys ons span waar in die Boland sy wortels lê.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia is oortuig daarvan dat haar lewe in gevaar is en klop weer aan by Stef. Lindie probeer Marius oortuig dat sy wil vrede maak, maar hy betwyfel dit.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Meintjies-familie word herinner aan Neville wie hulle steunpilaar was. Bernard sukkel om sy gevoelens vir 'n spesiale dame in te hou.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Esther deel haar vermoedens met At oor Annelize, en Ivanka stel voor dat Morné werk kry by Nagskof. Annelize wil Steve afpers om ekstra skofte te werk en 'n pasiënt word onkant betrap. Karli probeer die strydbyl begrawe.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by Anel Alexander, gaan na die premiere van Sink en maak 'n draai by die Atterbury teater vir 'As Drome Vlerke Kry'. Die akteur en regisseur, Gideon Lombard praat met ons oor die toneelstuk, Nagwandelaars.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Die matriekafskeid - 'n wonderlike aand in 'n tiener se lewe. Maar na dit verby is besef vier jongmense van verskillende agtergronde dat die lewe meer kan inhou vir hulle as wat hulle hoop en dink.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Matrone kom gooi ogie oor die Republiek. Annelize van der Ryst en sanger Jannie Moolman is Karen se spesiale gaste.

20:30 Lorraine Pascale Cooking Made Easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons ontmoet die man agter die opspraakwekkende nuwe fliek Sink, Brett Michael Innes en ons gesels met Leon van Nierop oor sy boek, Daar Doer In Die Fliek. Ons vier ook Earth Hour en kuier met die ultra-atleet Ryan Sandes.