Dit is vanaand op die kassie:

  •  18:00 Mike & Molly (M-Net): Ná ’n dramatiese rusie met Joyce trek Mike en Molly maar by Peggy se huis in en bly in sy ou kinderkamer.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Fritz en Sussie wil Wouter ondersteun, maar hulle sukkel met ’n balans tussen besorg en bemoeisiek. Vicky en Isabel voel blootgestel met die moontlikheid dat Valdez in die omtrek is.
  • 18:30 Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Frankie is skielik verloof en Quinton is glad nie ingenome met die reaksie op Pippa nie. At word ingespan om Margot se donker verlede te help uitpluis.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Lynette verdwyn, maar wat nou van Ryno? Sonja en haar ma sukkel om haar pa se druk te hanteer.
  • 19:30 Bravo! (kykNET): Hulle gaan kyk ook agter die skerms van die nuwe musiekblyspel by die staatsteater: Reik na die Sterre.
  • 20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense. Afrikaners raak plesierig toe Riaan Cruywagen en die hoofsanger van Freshlyground op die kabinet van die RZA beland.
  • 20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.