17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Paasfees is om die draai en Chris berei ’n Paasbrood. Chris se voorstel vir ’n Paas-middagete is ’n ontspanne ete van salm met olyfkors, bedien saam met aspersies en lemoensous.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  By Bakgat is alles in rep en roer om gereed te  maak vir die groot aand met Randall Wicomb. Dinge bly krapperig tussen Fritz en Eben. Wouter probeer tussenbeide tree.

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Omdat Zach in ’n vergadering te veel beloftes gemaak het , moet hy Brad Paisley dringend oorreed om ’n liedjie te sing wat Danny Chase geskryf het.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity dring daarop aan dat Sonja ’n dokter gaan sien. Charmaine en Errol het ’n rusie gehad oor haar vriendskap met Dawid.

18:30 Binnelanders (kykNET): Karli kom met die hele sak patats oor haar skandes vorendag. Okkie en Ilse sukkel om hul aantrekking tot mekaar onder beheer te hou. Quinton probeer At oortuig om Katlego se koste te betaal.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span het in die Suid-Kaap by ’n musiekfees op Hartenbos gaan kuier. Intussen het die aanlyn winkel Spree ook onlangs vir die eerste keer hul mansreeks bekendgestel, en Hannes het model gaan speel. Die derde seisoen van die gewilde drama Vallei van Sluiers is op kykNET te sien en Hannes speel self daarin, so Tracey het agter die skerms gaan kuier.

19:30 Revenge (M-Net): Emily gaan soek na geraamtes uit die verlede, en haar nuwe status as enkellopende help met haar speurwerk. Intussen mors Pascal geen tyd om sy bande met Victoria weer op te tel nie.

20:00 Kokkedoor (kykNET): Die straatkos-kultuur kom skou toe. Daar word uit die boks gedink met outydse heerlikhede soos pannekoek, jaffels en vetkoek. Volstruis is op die spyskaart, terwyl kerrie en rys in ‘n bunny chow beland. Die moderne loop-en-eet geregte kry kinkels met geursprinkels, gourmetsoute en tuisgemaakte souse.