17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Elma kyk in dié episode na moontlikhede vir besparing buite die huis en kry waardevolle raad by kenners.

18:00 Bad Teacher (M-Net):  ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET):  Daar heers groot opgewondenheid in die Villa toe Sussie en Marco ’n aankondiging maak, maar nie almal deel in hulle geluk nie. Lindie en Marius maak vrede, maar Carina is ontsteld oor Lindie se teenwoordigheid, en Vicky waarsku Marius opnuut teen haar. Astrid maak dit duidelik sy stel nie belang in Lindie se toenadering nie.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma konfronteer Nadine en Errol kry ’n nuwe storie vir die Hillside Times.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa se grootste vrees word bewaarheid, en die Jonkers besef hulle gaan op hul tande moet kners om deur die volgende tyd te kom. Ilse ontmoet die res van haar Boksburg-familie, en Judith val in At se arms.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:30 Bravo! (kykNET):  Dis tyd vir Huisgenoot-Skouspel. Die Bravo!-span kook saam met die Kokkedore, kyk hoe die Binnelanders potjiekos maak en woon ook die vertoning by. Jana Cilliers praat oor haar merkwaardige loopbaan. En dan is dit tyd vir die Bokkies, Bok-Radio se prysaand.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Nadia lewer die boere se briewe by hulle af en die possakke bult behoorlik met foto’s, liefdesverklarings en geskenkies. Nou moet die boere kontak maak met die briefskrywers, wat hulle tydens ’n blitsafspraak wil ontmoet.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie is hier! Kyk hoe 15 spanne teen mekaar meeding om die titel te verower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.