Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Alex en Charlie is in Pretoria waar hulle ’n argitek se slaapkamer in ’n vertrek met werk- en slaapplek omskep.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef waarsku vir Liam dat hy hom gaan ontmasker. Wanneer Hanna weereens haar woede op Lida uithaal, kry sy met Fritz te doen. Stef gee vir Marius kommerwekkende nuus oor Jenny.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja kom vreemde goed agter oor die nuwe kinderoppasser. Felicity kies die kind se kant bó die van Herman. Bonita is bekommerd oor Charmaine.

19:30 Binnelanders (kykNET): Sonette en Rian deel hul lewensverhale met mekaar. At vertel vir Jennifer sy ware bedoelings, terwyl Ivanka se besluit ’n bitter pil is om te sluk.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode vat Harvey vir Jack aan. Mike het ’n nuwe mede-advokaat – sy aanstaande skoonpa, Robert Zane.

20:00 Bravo! (kykNET): Die span gesels met die akteur en dramadosent Nico Luwes in Bloemfontein, en die gasaanbieder Lee Scott kyk na die toeriste-attraksies op Zanzibar.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier Bobby van Jaarsveld en die grapjas Marc Lottering by Karen.

21:00 True Detective (M-Net Edge): ’n Uitmergelende misdaadreeks waarin die polisie en lede van die Los Angeles onderwêreld koppe stamp en ook saamwerk om ’n bose moordenaar in hul midde op te spoor. In vanaand se episode kom die speurders al nader daaraan om ’n verdagte te identifiseer, maar dit stuur op ’n ramp af.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.