• 18:00 Villa Rosa (kykNET): Isabel nooi Wouter en Stef vir aandete, terwyl Fran almal verras met haar nuutste gier. Vicky het ’n ernstige gesprek met Sussie, wat vasbeslote is om weer op haar werk in die Villa te konsentreer.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Annelie kry 'n wonderlike modelkontrak, maar sal Felicity haar tyd by die werk af gee? Nadia ontdek ’n nuwe manier om sakgeld te verdien.
  • 19:30 Revenge (M-Net): Emily moet drastiese stappe doen toe Daniel verder van haar af wegdryf. Victoria wil graag ’n kombuistee hou wat niemand gou sal vergeet nie.
  • 20:00 Jou Show (kykNET):  Seker die bekendste Afrikaanse broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, kuier op die bank en stry oor hoe hulle nooit regtig baklei nie.
  • 21:00 Pasella (SABC3):  Pasella kuier saam met die lekker mense van Saldanha. ’n Verhaal van ’n ryk koperertsspleet, plante wat ongelooflik aanpasbaar is en ’n landskap wat jou asem wegslaan, gaan ook vertel word.