• 17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Toe een van Chris se klante ’n versoek rig dat hy die spyseniering doen vir ’n klein intieme noenmaal vir haar naaste familie, berei Chris gestoofde varktjops met pruime en soetpatats.
  • 18:00 Villa Rosa (KykNET): Marius sukkel om die nuus van Vicky en Stef se verhouding te verwerk en maak dit duidelik teenoor Stef toe hy die vrede probeer herstel. Vicky soek ondersteuning by Isabel.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2):  Charmaine se lewe word op haar troudag onderstebo gekeer.
  • 18:30 Binnelanders (KykNET): Daleen se katterigheid lei tot Tertius wat drastiese stappe doen. Die kolwyntjie-krisis by Tonik gee Zadie grys hare en At skok Gustav met ’n vreemde aankondiging oor Ongevalle.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.
  • 19:31 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span kuier by die ATKV-Mediaveertjies ,waar die beste Afrikaanse media vereer word, of dit nou tydskrifte, koerante, radio of TV is.
  • 19:30 Revenge (M-Net): Emily neem drastiese stappe teen die Graysons en dié wat naby aan haar geheim kom.
  • 20:01 Kokkedoor (KykNET): Dis presies 80 jaar gelede wat die inryteater die lig gesien het. Hierdie Amerikaanse konsep het ook in ons land posgevat. Kokkedoor bring die silwerskerm veld toe en laat herleef die inry-kultuur uit die 60’s en 70’s … jare net voor televisie. Die episode laat herleef ook die ou bekendes: die allegaartjie en die Dom Pedro. En ‘n geliefde Afrikaanse sangeres bring ou herinneringe terug uit die dae toe ons vir ‘die Harlekyn nog wyn gebring het’.