Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): In 2014 het Fiësta die land weer plat getoer, wonderlike feeste besoek, saam gekuier en selfs nuwe plekke verken. Vandeesweek kyk ons na Fiësta se hoogtepunte van die afgelope jaar.

18:00 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om Brittanje se talentvolste dansers op te spoor.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky en Stef dryf al hoe verder uitmekaar. Dit lyk of Astrid steeds tussen hulle staan. Maryke maak seker Anthony weet sy dink sy ma is spesiaal. Marius is beïndruk deur Sonja, maar Eben voel nie dieselfde nie. Paul neem afskeid van Carina. Fritz nooi Nico om in die Villa te kom bly. Die misterieuse mnr. Albrecht daag op.

18:30 7de Laan (SABC2): Die opknappings in die boetiek duur langer as verwag. Herman sit druk op die bouers. Bernard will Danelle voorstel aan sy ma terwyl sy in Hillside is. Vince vertel Marko dat Neville nie sy pa is nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Kobus gee Naomi ’n ultimatum, terwyl Tertius sy probleme met Gustav deel. Wimpie maak Okkie onseker oor ’n besluit, en Pippa betrap Daleen in die apteek. ’n Onderduimse plan kan ’n donker situasie verlig, en die Malherbes het weer ’n kind in die huis.

19:30 Man Cave (SABC3): Janez Vermeiren en Lunga Shabalala ding mee in die “ultimate bro-down”.

19:40 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons praat met twee radiopersoonlikhede: Jacaranda se Janina Oberholzer en die radiolegende Margot Luyt. Ons kies koers see toe vir ’n fotosessie van Legacy Lifestyle saam met Ryk Neethling op ’n baie bekende seiljag!

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar die uitdagings, ongelooflike landskappe en uiteenlopende kulture.

20:00 Crossbones (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die bekroonde akteur John Malkovich vertolk die rol van die legendariese Blackbeard in hierdie seerower-avontuur. Lowe vertrek na Jamaica nadat hy ’n ooreenkoms met Blackbeard sluit.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Sandra gaan kuier op Kroonstad by Dot Serfontein in die huis wat hulle self gebou het. Dot lees voor uit haar boek en haar dogter, Antjie Krog, lees ’n gedig aan haar ma.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika en elders. Hulle kyk na die jongste modegiere, flieks en voer eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Formidabele Vroue (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale tendense.