17:30 Ilse Kook (kykNET): Dié week berei Ilse trooskos om jou deur die koue, nat winter te kry. Sy maakwaterblommetjiepastei, biefskenkelsop en roosmarynbrood. En niks troos soos ’n heerlike koppie tuisgemaakte warmsjokolade nie.

18:27 7de Laan (SABC2): Die berig in die Hillside Times oor Oubaas en Jerome lei tot iets onverwags. Paula kry ’n werkaanbod.

18:30 Binneland (kykNET): ’n Romantiese aandjie stuur op ’n ramp af. Die hele Binneland wil ’n verjaardagpartytjie bywoon. Yolandi se bewerings vang almal onkant.

19:32 Bravo! (kykNET): Die aanbieders ontmoet Little Miss World, ’n 10-jarige skoonheidskoningin, besoek die susters Annie en Petronel Malan en loer in by die Kaapse modeweek.

20:00 Nege Maande (kykNET): Dis Amore se tweede kind se verjaardag en almal staan bont om alles gereed te kry. Hermien en Friedel is terug van oorsee en is besig om als vir die babakamer te maak. Annamarie en Rudene word genooi na RSG en gesels oor selfde-geslagpaartjies en hoe moeilik dit is om net ’n normale lewe te lei.

22:00 Brothers & Sisters (SABC 3): Die Walker-familie moet William se skielike dood en die lees van sy testament hanteer.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.