18:00 The Crazy Ones (M-Net): Andrew is jaloers op Zach se verhouding met Simon en dink Zach word voorgetrek. Tydens Sydney se advertensie veldtog voorlegging vir ’n koffie vervaardiger stel Simon ’n wilde idee voor wat flop.

19:30 Bravo! (kykNET): Die aanbieders gaan kyk na die Pioneer Rally tussen Somerset-Wes en Worcester, kuier by Rapport se My Tyd-span en is by die Mnr. Suid-Afrika-wedstryd en die première van die nuwe fliekblyspel As Jy Sing, met Bobby van Jaarsveld in die hoofrol.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Ná ’n dag of wat op die plaas moet een van die drie vroue huis toe gaan.

20:00 Marc Lottering (SABC3): Reeks begin. ’n Sukkelende skerpskertser van die Kaap wil naam maak in Johannesburg. Hy’s egter gou platsak en dakloos, maar gelukkig gee ’n vriend hom verblyf in sy luukse Sandtonse woonstel.

21:30 Fringe (M-Net): Nina en die span werk saam aan ’n plan om die Observers te verslaan.

21:34 Two and a Half Men (SABC3): Courtney keer terug en sy en Charlie begin weer ’n verhouding.