17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo en Celine sukkel om te praat oor hulle ware gevoelens vir mekaar. Stef besef wat Vicky werklik vir hom beteken. Liam slaag nie meer daarin om Carina te manipuleer nie en Marius stel Fritz voor ’n ultimatum.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita is op soek na Ty. Hillside het hom lanklaas gesien. Bernard se vriende is baie bekommerd oor hom.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana moet vure doodslaan en Morné kry 'n groot verrassing. At laat Jana spraakloos en Naomi moet die vrede probeer bewaar in die klein spasie. Daar is nuwe bekommernis in kwarantyn.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Reign (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks oor die jong Mary, Koninging van Scots.

20:00 Bravo! (kykNET): Dis tyd vir die ATKV-Mediaveertjies. Ons kuier by sjef Adriaan van Niekerk, ’n Afrikaanse sjef wat op Zanzibar werk en dan gaan ons agter die skerms by die finaal van die Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Vroeër dae het die kontrei se voorbakkers hul eie naaldwerk, breiwerk, hekelwerk en borduurwerk ook gedoen met dieselfde knap vingers waarmee hulle koeksisters gevleg het. Hierdie episode vind inspirasie in vlegwerk en draaiwerk: koeksisters en knoop- en vlegwerk met korsdeeg is vandag se uitdaging!

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.