Dit is vanaand op die kassie:

18:00 Mike & Molly (M-Net): Victoria bring ’n nuwe kêrel huis toe, wat die hele gesin laat wonder of hy nou die een is.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Alles is perfek vir Vicky se ete, behalwe ’n rou eend en baie honger gaste. Wouter wil Anthony beïndruk met ’n taak, maar kom agter dit is nie so maklik nie. Jimmy se roekelose gedrag begin Astrid senuweeagtig maak. Niemand kan Sussie oortuig dat haar toekoms blink is nie.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET): Frankie is nie seker wat hom getref het toe hy baie vinnig vasgevat word nie. Margot maak ’n skok-ontdekking – en ontvang dan ’n onverwagse kuiergas. Almal raak uiters bekommerd oor Wimpie se gesondheid. Pippa se eerste episode as aanbieder word uitgesaai.

18:30 7de Laan (SABC2): Wat staan in die brief wat Bertus vir Sonja geskryf het? Pulane word by ’n nagklub gemolesteer.

19:30 Bravo! (kykNET): Vir meer as 20 jaar was hy Bertie op Egoli. Maar wie is Hennie Smit weg van die kameras en verhoog? Ons gaan vind uit. Johnny Hamman is een helfte van die wenspan van vanjaar se Kokkedoor-reeks. Ons gaan kyk hoe hy kook en hoor hoe sy lewe sedertdien verander het. En ons maak ’n draai by Jacaranda FM se tee- en gholfdag, ’n gewilde uithanggeleentheid vir bekendes.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

22:30 Two And A Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.