16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): 'n Blik op dit wat agter die vrugtegordyn van die pragtige Ceres-vallei in die Boland broei, tussen die de Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns, en die mense wat deur die drie families by die onmin betrek word.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Marius Strydom, sy ma, Henriëtte, en sy vrou, Mitsi, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Nina voel uiteindelik soos een van die rugbydames en ontmoet die nimlike Bibi. Fafa en Schalk bly bekommerd oor Iva en die baba se welvaart. Van die Stryders se lojaliteit word bevraagteken.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas sê 'n paar woorde. Is daar dalk liefde vir Willem op die horison? Nandi ontvang slegte nuus.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka probeer haar fout regstel en Pippa gee nie vir Rian die antwoorde wat hy soek nie. Die meisies is nie gelukkig met Tertius nie en At is woedend vir Jana. Tertius soek witvoetjie by Pippa. Rian bevraagteken sy huwelik.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Koekedoor (kykNET): Ons herleef die tradisie van 'n bordjie soet en bordjie sout. Die genot van 'n bring-'n-bordjie-gebruik lê in die see van verskeidenheid. Ons nooi bekende persoonlikhede om die nuwe deelnemers in die stoor te verras.

20:30 Save with Jamie (SABC3): Jamie Oliver deel gesonde resepte wat sakpas is.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met Greta Pietersen oor haar rol in Suidooster. Die skepper van African Inspired vertel ons meer oor haar babaklere reeks, ons vind uit oor die nuwe 'Jungle Book' fliek en praat met die bekende musikant Albert Frost.