17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Elma Postma kyk na besparingsidees waarby ieder en elk kan baat.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz lê platgetrek met griep en die Rosers is bekommerd oor hom. Daar wag ’n vreemde pakkie in Astrid se kantoor en sy kry ’n besoeker wat haar skok. Sussie se gemoed is swaar, want haar finansiële toestand is kritiek en Astrid het haar in haar kloue.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Paula aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie en Dewald het groot nuus vir Herman en Felicity.

19:30 Binnelanders (kykNET): Michelle praat oor haar emmerlys. Jana het raad vir At oor Zieg en Jenny. Die meisies is almal nuuskierig oor die gebeure by die braai, terwyl ’n pasiënt se voog se motiewe duideliker raak. Jenny daag At uit, en daar is duidelik ’n nuwe vriendskap aan die ontwikkel tussen die dokters.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo-span kuier agter die skerms by een van kykNET se gewilde programme, Jou Show. KykNET is 15 jaar oud en hulle kyk terug na die afgelope dekade en ’n half. En dan maak hulle ’n draai by ’n internasionale wegholtreffer: die toneelstuk War Horse.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Die boere moet drie dames onder een dak gelukkig hou.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv):  Die spanne steek die grens oor na Suid-Afrika ná drie ongelooflike weke in Namibië. Hulle reis na die sogenaamde Groen Kalahari op die oewer van die Oranjerievier in die Noord-Kaap.

Dis die tiende skof van die epiese reis en ná ’n yskoue riviervaart moet die spanne drie soorte braaipizzas maak. Terwyl party spanne goed vaar, brand ’n paar ander spanne se pogings aan en veroorsaak dat hulle aan ’n uitskakelingsuitdaging moet deelneem wat met vark te doen het.

Ná ’n lang, taai dag om die vuur en ’n gebrek aan samewerking en kommunikasie, word ’n span uitgeskakel.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.