LET WEL: Vanweë die parlementsopening en die staatsrede wat regstreeks op SABC2 uitgesaai word, is daar vanaand geen 7de Laan nie.

17:30 Woema (KykNET): Theunis, Anria en Johan kuier by die see en besoek Namakwaland in die blomtyd op die rug van ’n ysterperd. Hulle toets ook ’n lekker vierwiel vir vier mense.

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Simon is in die nood toe hy gevra word om ’n ongewilde skrywer beroemd te maak.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Die insamelingsgeleentheid vir die kinderhuis het aangebreek. Nadine is ongelukkig toe Astrid haar op die agtergrond skuif. Fritz se bewondering vir Zanne laat hom lomp optree.

18:30 Binnelanders (KykNET): At probeer uitvind hoekom die Beckman-saak weer in die soeklig geplaas word. Zadie en Tertuis probeer verrassings reël.

19:30 Revenge (M-Net):  Emily het nog nooit so verlore gevoel nie. ’n Nuwe pad na vernietiging mag dalk net die gevolg wees.

19:30 Bravo! (KykNET):  Vanaand vier hierdie gewilde glansjoernaalprogram sy 100ste episode!

20:30 Rachel Getting Married (e.tv): ’n Jong vrou wat al die afgelope 10 jaar  in ’n rehabilitasiesentrum was, keer terug huis toe vir haar suster se troue.