Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Die Hillside Times se personeel is nie beïndruk met hulle nuwe redakteur nie. Gita besluit om Herman te takel aangesien hy haar taaiste teenstander in die munisipale tenderproses is.

19:30 Bravo! (kykNET): Martelize Brink en Johan Rademan wys hoe hulle hul oggendprogram op RSG aanbied. Die span is by die bekendstelling van Liza Bronner se nuwe album. Sy het vroeër vanjaar die Jy Is My Liefling-werklikheidswedstryd gewen. Hulle gaan ook na Suid-Afrika se eie Royal Wedding toe graaf Werner Ackerman, Mimi Coertse se seun, met Jollie Botha trou, en woon ook Gospel-Skouspel by.

19:30 Motive (M-Net): Die eerste seisoen loop ten einde. Angie se seun is op pad universiteit toe en terwyl sy die moord op ’n tienerseun ondersoek, spook die verlede by haar in die vorm van ’n moord wat haar belangstelling in speurwerk geprikkel het.

20:00 Nege Maande (kykNET): Anna-Marie en Rudene vra raad by hul vroedvrou. Chantelle sluit aan by ’n ondersteuningsgroep vir ouers van tweelinge. Amore se nuwe sakesplanne vat vlam terwyl Riolla en Shelton ernstig moet besin oor hul toekoms as ’n gesin. Nog twee ma’s skenk die lewe.

21:30 Fringe (M-Net): Seisoen 5 begin. Dis die jaar 2036 en die Observers regeer die aarde met ’n ysterhand, maar Walter het ’n plan om hulle te verslaan. Peter en sy dogter, Etta, begin hul soektog na Olivia.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Nora kom te wete van die haglike geldnood by Ojai Foods.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.