16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Con kry slegte tyding en 'n onverwagte besoeker op Van Rhijnshoek versuur Monique se lewe. Charmaine en JP het probleme oor sy prospekteerpermit. Emma en Markus hap-hap sonder ophou na mekaar.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Stefan van Merwe, sy ma, Sandra, en sy vrou, Lezahn, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Renate konkel voort om Simon as kaptein aangestel te kry. Koekie besef daar is makliker maniere om 'n leerlinglisensie te bekom en Denver voer een van die grootste besluite van sy lewe deur.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula is opgewonde oor haar toekoms. Gita wys haar sagte kind. Vanessa probeer Bonita help.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mnr Botha se medisyne word nagevors, terwyl Okkie, Morné en Danny uiteenlopende reaksies het op die dag se gebeurtenis. Ivanka en At gesels openhartig met mekaar oor die kliniek - en dan kry Ivanka 'n klein verrassing.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Plaasmarkies is die in-plek vir die lekkerste gebak. Vir die tuisgebak-uitdaging moet die Koekedore 'n dosyn loop-en-eet pasteitjies vir Markdag skep met hul eie deeg en 'n vleis- of groentevulsel.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met die sangeres Leah wat onlangs by die Ghoema-toekennings as beste nuweling aangewys is, en met die bekroonde fotograaf Daniel Naude. Ons praat ook oor hamburgers, Angry Birds en Snapchat.