17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees is ’n unieke gebeurtenis. Thoms Erlank, een van die organiseerders, is vandeesweek ons gas-aanbieder.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef se plan om Nico te ontmasker vorder goed, maar dan loop dinge skeef. Fritz probeer tevergeefs om vir Anthony te verduidelik hoekom hy bekommerd is oor sy en Maryke se verhouding.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman verwag ’n spesiale gas. Paula besef met ’n skok dat sy brandarm gaan wees sonder Altus.

19:00 Criminal Minds (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die FBI volg om te sien hoe hulle kriminele vastrek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Nigel laat harde woorde val oor Okkie en die trollie, en Daleen besluit om in te gryp in die troue. Delia en Gideon se verhouding neem ’n nuwe wending. Bea dwing Jan om met Morné oor Kana te praat.

19:30 Iconoclasts (SABC3): Vind uit wat dryf die bekendste kunstenaars, akteurs en musikante.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons begin by die Woordfees op Stellenbosch en sit aan by die Lang Tafel. Ons gaan na een van die repetisies van die regisseur Christiaan Olwagen se nuwe toneelstuk, Son, Maan en Sterre. En dan sien ons wat het op die rooi tapyt en agter die skerms by vanjaar se Fiësta-pryse gebeur.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Koekedoor skop dramaties af met ’n kombuis wat gons van glitzy gebak-persoonlikhede, gebak-ghoeroes, koekontwerpers, meesterbakkers en die pronkgebak wat hul handtekening dra. Van ‘n outydse karringmelk-sjokoladekoek met bladgoud; ‘n suurlemoen- papawersaadkoek met oblietjie-skywe; ‘n glutenvrye rumkoek met rum-botterroom, geroosterde klappe en labneh met mango vir die manne; uie en geroosterde knoffel tarte tatin met spek-en-eierroomys; ‘n spiraal-groentetert met ‘n kaaskors; en kraakbrood gemaak van antieke graan, gegeur met blare en kruie. ‘n Aarde wortelkoek met geroosterde groente eer een van Huisgenoot se gewildste koeke ooit, terwyl die smake van Frankryk en Suid-Afrika bymekaarkom in ’n sponskoek van botterskorsie en speserye. Gaste is Carmen Niehaus, Callie Maritz, Herman Lensing, Wade van der Merwe, Daleen van der Merwe, Vicky Gurovich, Jacques Erasmus, Johnny Hamman, Fritz Schoon en Katrien van Zyl.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.