17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Chris se passie vir Indiese kos is reeds as tjokkertjie ontdek. Vandeesweek deel hy van sy gunstelingresepte vir Indiese geregte met ons. Maak reg vir tipies Indiese duif-ertjies met tuisgemaakte roti en hoender in ’n ryk en romerige kerrie-kasjoeneutsous. Hierdie fees pikante lekkernye word voorgesit saam met saffraanrys om selfs die kieskeurigste Oosterse palet te verower.

18:00 Mike & Molly (M-Net): Molly is vas oortuig haar bure is skelm en nader Joyce vir hulp om op hulle te spioeneer. Intussen kom die manne bymekaar vir ’n pokeraand.

18:00 Tropika Island of Treasure (SABC1): Dis ’n Suid-Afrikaanse werklikheidskompetisie waarin sewe bekendes en sewe gewone deelnemers op ’n eksotiese eiland teen mekaar meeding vir R1 miljoen prysgeld.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sally manipuleer ’n situasie tussen Sussie en Fran, wat groot onmin veroorsaak, maar het Fritz in die holte van haar hand. ’n Ongewenste besoeker skok Astrid toe hy uit die bloute by haar kantoor opdaag en gevaarlike eise stel. Daar wag ’n rowwe, ongemaklike tyd op die inwoners van die Villa.

18:30 7de Laan (SABC2): Pulane wonder of sy ná die Jaco-dilemma ooit weer met Danelle vriende sal kan wees. Ryno vat Lynette uit vir ete.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Karli probeer Margot met ’n paar vrae uitlok. At wil Nina se dagmoeder besoek. Sonja word genoop om die polisie te betrek. Jana se foto-moontlikheid kry die wind van voor. Daleen word na At se kantoor ontbied, terwyl Sonja gerusstelling by Ilse soek.

19:30 Isidingo (SABC3): Die spanning hoop op vir Eddie en Yvette terwyl hul dogter vir haar lewe veg. Sizwe kan nie meer vir Zukisa jok nie. Agnes is te skaam om aan Zeb te erken dat die gewaagde pamflette hare is.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span is by Huisgenoot se Tempo-prysaand. Al drie die aanbieders is daar om die glans en drama vas te vang, en natuurlik om te sien wie wen.

20:00 Kokkedoor (kykNET): Onthou jy nog die malvalekkertert, die driehoek-maaskaastert en Cremora-tert? En wie sou nou dink ’n tert hoort in ’n kunsgalery?

20:30 Top Billing (SABC 3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.