17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Ons besoek vir die heel eerste keer die Joburg City Fest en wys dat Johannesburg ’n mooi en lewendige stad is. Ons besoek bekende bakens en kuierplekke soos Mandela-brug, Maboneng Precint en die Markteater.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is op ‘n donker plek en maak skokkende aantygings, nie net teenoor Vicky en Marius nie, maar veral teenoor Fritz en Isabel. Anthony probeer ‘n goedkoop kamer vir Maryke beding, maar loop hom lelik vas met Fritz. Nico en Gunter speel kat en muis met mekaar, en Eben is vasgevang in die middel.

18:30 7de Laan (SABC2): Hillside gons oor die nuutste artikel in die Times. Antoinette en Ty het vanaand ’n afspraak – sal Ty weer gevoelens ontwikkel vir haar?

19:30 Binnelanders (kykNET): ‘n Familievergadering vind plaas sodat Ilse haar plan van aksie kan verduidelik. Pippa vra Daleen se hulp met Vicky, en Adelyn is jaloers op ‘n onwaarskynlike vriendskap. Die spoke van die verlede wil nie vir Zieg alleen laat nie, en Gustav se nuus vir At laat hom twee keer dink oor waarmee hy besig is.

19:30 Iconoclasts (SABC3): Vind uit wat dryf die bekendste kunstenaars, akteurs en musikante.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Dis die bekendstelling van die Woordfees-program in Stellenbosch. Ons gaan na die première van die nuwe Afrikaanse romantiese komedie, Mooirivier. En Dawid Minnaar gee sy eerste amptelike Bravo-onderhoud.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:00 Crossbones (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde akteur John Malkovich vertolk die rol van die legendariese Blackbeard in hierdie seeroweravontuur. Lowe vertrek na Jamaica nada thy ’n ooreenkoms met Blackbeard sluit.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Sandra vertrek op ’n nostalgiese reis saam met die groot dame van die teater, Wilma Snyman. Trane vloei en saam lag hulle oor jare wat wel leer.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.