boersoek

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Sydney vind uit haar pa sowel as haar hoërskool-liefde is benoem vir ’n gesogte prys.

18:00 7de Laan (SABC3): Sal Emma en Marco bymekaar uitkom op Antoinette se partytjie? Wie is die geheimsinnige figuur wat in Hillside Travel rondsnuffel?

18:30 7de Laan (SABC3): Annelie se vol program laat haar in die moeilikheid by Felicity beland. Hoe sal Errol se artikel oor tieners se vakansies vaar?

19:30 Revenge (M-Net): Nolan hou ’n partytjie in sy nuwe woonplek en Conrad se gewete laat hom sy wandade bevraagteken.

20:00 Bravo! (kykNET): Bravo! woon die première van Stuur Groete aan Mannetjies Roux by asook die bekendstelling van Ivan Botha se boek.

20:33 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Sy wys hom haar woon- en/of werkplek. Vir die eerste keer is sy tuis in haar omgewing en die boer soos ’n vis uit die water. Het hy reg gekies? Is boer en vrou bedoel vir mekaar? As die kennismaking met die voornemende skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir ’n gelukkige toekoms saam . . .

20:50 Parenthood (M-Net Series Showcase): Mark raak ongeduldig omdat Sarah al haar energie daarom belê om Hank te help om sy verhouding met sy familie reg te stel.

21:30 NCIS: Los Angeles (M-Net): Seisoen begin. Michelle bewys haar lojaliteit aan Sidorov ten koste van Deeks en Sam.