18:00 Mike & Molly (M-Net): Mike leer ’n groot lewensles toe sy motor breek.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Celeste maak ’n ontdekking wat skokgolwe deur die Villa stuur. Vicky hou van Stef se ambisie, maar sy maak dit duidelik dat hy haar nie moet afskeep nie. Marius probeer in die Rautenbach-krisis as bemiddelaar optree, maar besef daar lê ’n moeilike tyd voor. Carina begin haar van haar verantwoordelikhede onttrek. AJ se wêreld stort in duie toe Celeste ’n besluit oor hul toekoms maak.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Pippa neem ’n besluit oor die nuwe inslag wat die geselsprogram wil neem, en Karli word voor ’n ultimatum gestel. Zadie wens sy het liewer nooit iets gesê nie, en iemand soek antwoorde by Adler.

18:30 7de Laan (SABC 2): Paula is Thinus se oppasser vir die dag. Retief se optrede verneder Irma en Sonja in die openbaar.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier agter die skerms van Nadia Beukes, die nuwe Boer Soek 'n Vrou-aanbieder, se Lééf voorblad-fotosessie. Die voormalige Romanz-sanger Andre Venter jaag saam met die span resies en praat oor sy nuwe werk as aanbieder van JAM. En dan kuier hulle by nog ’n oud Romanz-lid, Adam Barnard.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie begin vanaand, en 15 spanne met twee deelnemers elk het vandeesweek bymekaargekom vir hulle eerste ontmoeting.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

22:00 Two And A Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.