17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo is seergemaak deur Celine en Eben se verraad. Stef kry ’n skok wanneer sy kredietkaart gebruik word. Eben het ’n plan om van Chubby ontslae te raak.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna se joernalistieke vernuf maak dat sy voel dit is haar plig om oor Nina se storie te skryf. Altus is op die oorlogspad.

19:30 Binnelanders (kykNET): Skepe is op almal se lippe en Nick daag weer onverwags op. Rian probeer Jana tot ander insigte bring, en daar is weer ’n meningsverskil tussen die Malherbes.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:30: Vat die Rap (kykNET): Vyf kletsrymers kry die geleentheid om ’n kultureel-betekenisvolle Afrikaanse liedjie in ’n moderne kletsrymmeesterstuk te omtower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:00 Game of Thrones (M-Net Edge): Bloed en verraad is aan die orde van die dag in hierdie gewilde reeks gebasseer op die Fire and Ice-reeks van George R Martin. Vanaand wys die voorlaaste episode van die vyfde seisoen.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.