Voorskou van 9 Maande Wat om vanaand te kyk:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie wil dalk niks weet van JP nie, maar Astrid wil hom graag beter leer ken. Nadine voel gevlei toe Wouter haar verdedig. Fritz onthul sy diepste seer.

19:05 Mike & Molly (M-Net): Mike bekyk inligting oor onvrugbaarheid by mans en besoek ’n kliniek om seker te maak die fout lê nie by hom nie.

19:30 American Idol (SABC2): Die deelnemers sing die top-vier liedjies in Kalifornië en liedjies wat hulle wens hulle self geskryf het.

19:30 Bravo! (kykNET): Die poppemaker Hansie Visagie vertel wat geword het van die bekende poppe wat toentertyd op televisie was, soos Haas Das en Liewe Heksie.

20:00: 9 Maande (kykNET): Hierdie nuwe reeks kyk tegelykertyd na nege swangerskappe. Dit lewer ook kommentaar oor die verskille in denkwyse en optrede tussen Afrikaanssprekendes.

20:30 Hawaii Five-O (M-Net): McGarrett en Danny se rustige dag ter see neem ’n nare wending toe hulle boot gekaap word en hulle in die middel van die oseaan agtergelaat word.

21:00: Kêrels Wat Kook (kykNET): Seisoen twee van dié gewilde werklikheidsprogram begin vanaand. In elke episode kry ’n meisie die geleentheid om by drie verskillende kêrels te gaan eet. Ná die drie afsprake nooi die meisie die drie gelyktydig na ’n laaste afspraak: ’n ete by ’n spog-restaurant waar sy hulle een vir een groet tot sy met die kêrel van haar keuse oorbly vir nagereg.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die programinligting waarborg nie. Netwerke pas hul programrooster volgens hul eie diskresie aan.