17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Elma klop weer by Christiaan Scholtz aan om meer uit te vind oor die waarde van Afrikaner-meubels.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius en Carina is finaal uitmekaar, maar Paul voel steeds skuldig oor sy gevoelens vir Carina. Marius is ongelukkig oor die Kersfees-reëlings, maar Stef sit sy voet neer. Paul en Fritz wonder oor Astrid se verknogtheid aan die Villa. Fritz se geheimsinnigheid oor ’n ete-afspraak laat Sussie dink daar is romanse in die lug. Marius vra Eben om terug te kom werk toe.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Wat gaan Thinus en Marko nou doen? Retief doen alles in sy vermoë om Bertus van die baba weg te hou.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius raak vies vir Daleen wat nie na sy nuus wil luister nie, en Margot kan haarself nie help nie. Okkie betrap Kobus in Naomi se woonstel, en Zieg raak histeries toe hy agterkom niemand kan hom hoor nie. Michelle kry onverwagse nuus, en Goldstein jaag iemand se bloeddruk op.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Bravo! (kykNET): Die span woon die bekendstelling van Tiaan en Mynhardt se kookboek, Makietie, en Min Shaw se 80ste verjaarsdag by.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Die boere maak vandeesweek hul finale keuse, maar is albei dames nog gretig om die boer se vrou te word? Nadia vind uit op watter plase die liefde blom.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.