17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Vanaand maak Alex en Charlie Kotzé 'n draai by 'n jong huiseienaar met 'n passie vir kook. Die uitdaging: 'n nuwe baadjie vir sy kombuis.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia en Stef maak planne om Liam vas te trek. Marius is steeds op 'n donker plek en Carina moet noodgedwonge streng wees met hom. Fritz vra vir Lida om hom na 'n konsert te vergesel.

18:30 7de Laan (SABC2): Is Diederik weer verlief? Paula ondersteun haar pa deur hierdie moeilike tyd.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan en Jana sukkel om Herman in die hande te kry. 'n Deurbraak, 'n kortlys en 'n vredespyp wat gerook moet word veroorsaak groot drama.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo!-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooi tapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:00 Reign (M-Net Edge): In vanaand se episode maak Mary 'n belangrike besluit soos wat 'n groot vyand al nader kom.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Die wonderwerker Dawid Minnaar en hoofsanger van die Parlotones, Kahn Morbee kom lê staatsbesoek af.

20:30 Sweet 'n Short (e.tv): 'n Ongeluksvoël-sportkommentator ontwaak uit 'n koma in 'n baie anderse Suid-Afrika.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand begin die tweede seisoen. TC is geskors ná 'n voorval in die teater. Vanaand sluit CSI: Miami se Adam Rodriguez by die Night Shift-span aan.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.