Vanaand kuier Bravo! by die die legendariese akteur, Marius Weyers, en Hannes van Wyk vind uit Kokkedoor gaan nie net oor kosmaak nie.

18:00 The Middle (M-Net): Moedersdag kom nader en Frankie probeer seker maak Mike gee haar iets wat sy graag wil hê.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita is bly haar plan slaag om Herman se tender te saboteer.

19:10 Friends (Sony): Ross is vies toe ’n kollega sy toebroodjie opeet wat in die koelkas was.

19:30 Bravo! (kykNET): Bravo maak ’n draai by die oudisies van die werklikheidsreeks Kokkedoor.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Angelique lewer die boere se briewe by hulle af.

21:30 Fringe (M-Net): Peter doen drastiese stappe om te keer dat die Observers die aarde se atmosfeer verander en die mensdom uitwis.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Sarah, Tommy en Saul begaan ’n groot fout toe hulle geld probeer kry om die familiesaak te red. Kevin maak ’n blink plan om te keer dat Justin teruggaan weermag toe.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.