18:00 Mike & Molly (M-Net): Molly is vasbeslote om Mike uit sy daaglikse roetine te kry en sê vir hom hy kan nou enigiets doen wat hy wil.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Die inbraak in die kluis veroorsaak groot amok in die Villa. Celeste is rasend oor haar juwele wat weg is. Wouter is verpletter oor sy ma se optrede.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Die dag verloop nie sonder ’n traan of twee nie. Zadie se pogings om nuwe mans te ontmoet, verloop nie heeltemal na wense nie. Ilse neem ’n besluit oor haar toekoms en waarmee sy haarself elke dag gaan besig hou.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno konfronteer Lynette oor sy vermoedens. Intussen soek Paula storie-idees vir haar nuwe werk.

19:30 24: Live Another Day (M-Net): Jack en Kate is in ’n resies teen die tyd om iemand se lewe te red wat deel is van die terreuraanval.

19:30 Bravo! (kykNET): Die immergewilde Riana Nel neem haar nuwe musiekvideo op, en Robbie het agter die skerms gaan kuier. Die Republiek van Zoid Afrika is Karen Zoid se nuwe geselsprogram, en Bravo het tydens die opname van een van die episodes gaan kyk hoe dinge werk. En die Bravo!-span hou partytjie saam met die Kokkedore terwyl hulle saam die laaste episode van die nuwe reeks kyk, en die land sien wie wen.

19:30 Scandal! (e.tv): Ndumiso ontdek iets skokkends wat Ngcobo se familie uitmekaar kan dryf. Bronnie kry ’n idee hoe sy vir Cameron kan help.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense. Afrikaners raak plesierig toe Riaan Cruywagen en die hoofsanger van Freshlyground op die kabinet van die RZA beland.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.