18:00 Villa Rosa (kykNET): Anthony gee voor sy depressie is iets van die verlede, maar Fran laat haar nie so maklik flous nie. Wouter se nuwe beste maat is sy kredietkaart.

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Toe Andrew se susters hom in die kantoor kom besoek om St Patrick’s-dag te vier, raak hy net ál wrokkiger oor die vakansiedag.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma is bekommerd oor Thinus se afgetrokkenheid. Gaan Errol Ryno se aanbod aanvaar om terug te keer na sy ou werk?

18:30 Binnelanders (kykNET): Morné se woorde krap Naomi lelik om. Naomi en Wimpie pers Gustav af toe Sonja Heroldt die kompetisiereëls verduidelik. At moet die nuus oor Malan oordra en Jan se bewegings het gevolge vir Morné.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span praat met die joernalis, politieke kommentator en skrywer Max du Preez oor sy interessante maar soms baie gevaarlike loopbaan. Hulle onthul ook die wenners van Villa Rosa se Sterrejag-kompetisie.

20:00 Kokkedoor (kykNET): Dis weer daardie tyd van die jaar waar die Kokkedoor-span die beste kokke in Suid-Afrika soek, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.