Let asseblief op dat SABC3 se rooster verander: Die eerste seisoen van Brothers & Sisters sou om 22:00 begin, maar is voorlopig uitgestel. The Mentalist gaan voort.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Nadine verlang na haar ouers en Wouter beplan iets spesiaals om haar te troos. Petrus dagdroom oor Carlo se geld.

18:27 7de Laan (SABC2): Marko vertel Emma hoe hy oor haar voel. Nadia probeer Dewald help.

19:30 Bravo! (kykNET): Die span dek die Huisgenoot Tempo-toekennings uit elke hoek: Hulle voer onderhoude met die gaste op die rooi tapyt, gaan agter die skerms tydens die glansgeleentheid en loer in by die partytjie ná die tyd.

19.30 Motive (M-Net): Die speurders ondersoek ’n gerekende pediater met ’n geheime verlede.

20:00 Nege Maande (kykNET): Nadine, wat haar eerste kind op 40 verwag, ondergaan toetse om verskeie risiko’s uit te skakel.

20:30 Top Billing (SABC3): Hoogtepunte van vanjaar se YOU Spectacular.

21:00 Kêrels wat Kook (kykNET): Chalene onthaal haar drie kêrels by die Delheim-wynlandgoed naby Stellenbosch met ’n heerlike driegangmaaltyd.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.