16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Con en Jacques stamp koppe oor die boerdery. Spanning laai op tussen Charmaine en JP. Jacques en Monique loop mekaar onverwags raak. Hannah konfronteer Hugo oor sy doen en late. Deirdre veroorsaak spanning op die plaas.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Juan Smith, sy ma, Lorraine, en sy verloofde, André, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Schalk raak gefrustreerd deur die spanning tussen Fafa en Iva. Chrissie wil hê Lorette moet haar meer van feminsme leer. Jade en Denver kom tot 'n besluit oor hulle toekoms en 'n vriendskap tussen Renate en Sasha begin blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Heuwels Fantasties vermaak vanaand die Hillsiders. Aggie is bekommerd oor haar vriend.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka wil die meeste maak van haar nuwe geleenthede, terwyl Herman meer probeer uitvind oor Annelize. Tertius vra Herman se hulp en kom ook agter dat alles nie pluis is met 'n ander dokter nie. Shelton is opsoek na Morné.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Vir dié tuisgebak-uitdaging verwag Tannie Elizabeth dat koekies gemaak moet word sonder 'n oond en sonder enige elektriese toerusting. Met familieresepte word gewys mens kán bak sonder krag.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met komediant Rob van Vuuren oor sy nuwe vertoning en kuier met aktrise Karli Heine en musikant Connell Cruise, wat uit New York op besoek is. Ons vind ook meer uit oor die jaarlikse Geek Fest.