17:30 Bravo! (kykNET): Die hele episode word gewy aan die Silwerskermfees: die pryse, die flieks wat gewys is en die bekendes wat dit bygewoon het.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter se vertrek versomber die gemoedere in die Villa, en veral Fritz en Sussie kry swaar. Louw se verjaarsdag bring almal saam, maar onderstreep ook onderliggende onsekerhede in verhoudings. Astrid kry ’n onverwagse besoeker en wat sy hoor, is musiek vir haar ore.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC 2): Oppiekoffie vier sy 25ste verjaarsdag. Intussen word Altus onkant gevang met ’n nuwe ontwikkeling in die Masiya-sage.

18:30 Binnelanders (kykNET): “Anoniem” se klagte het die hele Kiepersol in rep en roer – en daar word ’n vergadering belê. ’n Platsak Karli kies die verkeerde persoon om af te pers, en Quinton se uitlatings maak die wêreld ’n bietjie moeiliker.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Piekniekgeregte is maklik om te verpak en te vervoer, en is heerlik warm of teen kamertemperatuur. Nataniël wys hoe.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Die streng juf. Gous van die kantoor het ’n geheime lewe wanneer sy die kantoordeur agter haar toemaak: Sy leef in ’n droomwêreld waar sy Blossom is. Maar met die kantoor se Kerspartytjie haal die werklikheid Blossom in.

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Twee paartjies en ’n enkellopende vriend leer hoe om die probleme in hul verhoudings te hanteer.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.